General Notes
Die Afrikaner familienaamboek en Personalia 1955 - page 290
FAMILIENAME 39 S ALOMON BOSCH, oorspronklik van Nurnberg, het in 1744 as soldaat alhier gekom en was 1747 houtkapper in diens van die H.O.I.K. Tussen 1748 en 1750 was hyassis tent-superintendent van die Schuur, en van 1751 tot 1768 was hy baas.-houtkapper. Sy huwelik met Elisabeth de Nys het op 5 Julie 1750 plaasgevind; sy tweede met Gesina Martens op 26 Mei 1765. Salomon Bosch was die vader van altesaam nege kinders: (1) Johannes Coenraad (1751). (2) Anna Johanna (1753), getroud met Pieter Loen, van Hessen in Jutland. (3) Barbara Elizabeth (1755). (4) Johannes Coenraad (1756). (5) E...