From Genesis: "Elorina du Plessis: Die album is 'n geskenk van my niggie Helena Hendrina Forster (Neé Grove). Sy het dit geskenk juis omdat ek besig is met ons familie navorsing. Hoe oud die album is, kon ons nog nie uitwerk nie. Die oudste foto wat wel in die album is, is my Oumagrootjie Hester Anna Kruger (links) † 1902. Dogter van Gert Francois Kruger en Martha Margaretha Elsie Schoeman * 4.12.1856 ≈ NGK Burgersdorp 1.2.1857 X GK Burgersdorp 2.6.1873 Andries Johannes Jacob Kruger, seun van Andries Johannes Kruger en Susanna Lasya Maria Elizabeth van der Walt.