General Notes
Previous info was that he was 37 (ie birth on 8 Jan 1929 but not according to gravestone.
Name spelt i.a.w. Nicolaas's Birth Certificate.
Die oupa was ‘n gesiene melkboer in die Springs omgewing, hoewel hy op Ermelo gebore is, hy was ‘n vrywillige Unie troep was na Duitswes opgeruk het via Upington. Vir sy deelname om die Duitsers in Duitswes te verjaag het hy ‘n plaas gekry in die Okahandja distrik, by die dorp Hochveldt. Die plaas se naam was Poodle, is nogsteeds so. Hy het blykbaar met 300 stuks vee vanaf Springs na Duitswes getrek. Presies hoe en deur watter dorpe en hoe lank weet ek nie. Hy was blybaar redelik suksesvol as melkboer op Poodle tot die depressie en droogte toe geslaan het in 1934/36. Hy het later net 8 stuks vee oorgehad, maar weer opgestaan en daarna het dit goed gegaan. Met Windhoek se ontwikkeling het hy sy plaas in die laat veertigs verkoop en met sy vee na Windhoek getrek en aan die buitewyke van Windhoek Wes ‘n melkery gehad.