Alternative location: Essen, Wittlage, Hann, Prussia
Van Esseb, aankoms 1717 as soldaat, later leerlooier 1818-23.
Alternative location: Essen, Wittlage, Hann, Prussia
Arrived at the Cape as soldier, later tanner 1818-1823.
Wilhelm Meyer van Essen kom volgens SAG 5 in 1717 as soldaat in die Kaap aan. Werk later as leerlooier van 1818 tot 1823.
One of the South African MEYER progenitors, he came from Essen in Lüneburg, Germany. Arrived in the Cape as a soldier with the VOC but became one of the first free burghers and farmed on the Liesbeeck River. An episode is described in the "Attestasies" of 1679: A permit was issued to three free burghers Gerrit Visser,
Hendriks Jacobs, Jan Stoffels and an official Willem Meyer 'borrowed' from the Kompanje to shoot hippopotamus in the Breë River "for the maintenance of their families". The party left Capetown on 6 Sep 1679 with three wagons, 24 oxen and two trained hottentots, Dickop and Trompetter. At the river 'Zonder Ende' they were joined by six hottentots from the kraal of Coopman, captain of the 'Sonquas'. Towards the evening when it started raining, the strange hottentots quietly left the camp.
The following evening, towards sunset, while Willem and his party were skinning hippopotamuses, they discovered that the hottentots had left with their oxen. Even more disturbing was a threat from the Sonquas hottentots the following day that they leave or be killed. Without having achieved their objective they returned to the Castle without their wagons, oxen and meat.
Wilhelm Meyer van Essen, Duitsland, tree in die huwelik te Kaapstad 10-4-1682 met Catharina Kiens van Terveere, Holland, (1) weduwee van vryburger Pieter Visagie van Antwerpen (2).
Hy is in diens van die Hollands Oos-Indiese Kompanjie (3) maarword een van die eerste vryburgers en "landbouwers" aan die Liesbeeckrivier, Kaap. (4) Hy kom te sterwe in 1690 waarna sy weduwee vir die derde keer in die huwelik tree met vryburger en Franse Hugenoot Martin Pouisseon, wewenaar met drie kinders (5) op 6-8-1690.
Wilhelm Meyer het slegs een kind nl. Lucas (6) by Catharina Kiens gehad, maar moes ook twee minderjarige seuns, Guilliam en Izaak Visagie van sy vrou by haar vorige huwelik, versorg. Vir almal het hy voorsiening gemaak in sy testament (7).
Van Wilhelm Meyer (Meier) of Willem Meyer (umlaut op y) soos hy in die Kaapse rekords verskyn, is daar nie veel bekend nie. Dit is ook nog onseker wanneer hy hier aangeland het.
In Theal se "History of South Africa" Verskyn sy naam saam met die van ander burgers as die "new burghers" wat in die rekords van die Kaap voor 1688 gevind is (8). In dieselfde uitgawe verskyn sy naam (met vrou en een kind) weer saam met 'n groot aantal "most notable burghers in the Cape district" wat in die sensusopname van 1691 ontvang is (9).
In Colenbrander se "De aftkomst Der Boeren" weer word 1682 as die vroegste datum, waarskynlik sy troudatum, teenoor Willem se naam aangegee (10).
In die "Attestasies" van 1679 egter word 'n episode beskryf wat daarop dui dat Willem Meyer reeds voor 3 Oktober 1679 in die Kaap was (11). Dit gaan oor 'n permit toegestaan aan drie vryburgers Gerrit Visser, Hendrik Jacobs, Jan Stoffels en 'n sekere amptenaar Willem Meyer "geleen"by die Kompanje om seekoeie te gaan skiet in die Breërivier "for the maintenance of their families".
Die geselskap het die Kaap op 6 September 1679 verlaat met drie waens, 24 osse en twee oorlamse hottentotte Dickop en Trompetter. By die rivier "Zonder Ende" sluit ses hottentotte van die kraal die Soesquakaptein Coopman by hulle aan en vergesel hulle tot by die Breërivier. Teen die aand toe dit begin rëen, verlaat die vreemde hottentotte stilweg die kamp.
Die volgende dag teen sononder toe Willem en geselskap besig was om seekoeie af te slag, moes hulle verneem dat al hulle trekosse deur die hottentotte verdryf was. Nog groter was hulle ontsteltenis die volgende dag toe 'n dreigende bende sonquas-hottentotte hulle beveel om pad te gee of te sterf. Onverrigtersake moes hulle na die Fort terugkeer, sonder vleis, hulle waens en die trekosse.
(1) Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p83 - sien foto 1 "den 10 April 1682 : Willem Meyer van Essen jongman en Catarina Kijns, weduwee van Pieter Visagie"
(2) Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p76 - sien foto 2 "den 21 Junie 1676 : Pieter Visagie van Antwerpen en Catharina Kiens van ter Veer"
(3) Moodie : The Record : p370 (2)
(4) Theal : The History of South Africa Vo. 3 p365
(5) C. Graham Botha : The French refugees at the Cape p95 "In 1692 he is descrbed as with wife and three children" Martin Pouisseon (Martinus Pousioen) se naam verskyn op die burger monsterrolle van Stellenbosch in 1685 en wordbegrawe in Kaapstad Januarie 1713. Hy het die plaas Lovenstein, Tygerberg (1701) en Slent, Paarl (1707) besit. Kaapstad Huweliksregister Vo. G1 1/1 p87 - Sien foto 3 "den 6 Augustus 1690 : syn in den Huwelyk staet verenight Maarten Pousioen, vryburger alhier met Catharina Kiens van Vrissinge weduwee van Willem Meyer"
(6)Kaapstad Doopregister Vo. G1 1/1 p29 - sien foto 4 "den 14 Mej 1684 : Lucas : Willem Meier en Catrina Kiens"
(7)Testament : C.J. 2649/18 : 29.3.1690 - sien foto 5
(8)Theal : History of South Africa before 1795 : Vo. 3 p314
(9)Theal : History of South Africa before 1795 : Vo. 3 p364
(10)Colenbrander : De Aftkomst der Boeren : p22
(11)Moodie : The Record p370 n(2).
Catharina KIJNS(F)................... B: Abt 1650 F#: 442550 @
Spouse: Pieter VIS.GIE* , Ler Veer, Belgium