Lid van die Transvaalse Volksraad Jacob Philipus, ook bekend onder die bynaam Jors Voeter word onthou as kerkman en politikus. Hy was woonagtig te Nuweveld in Beafort-Wes voor die Groot Trek. Volgens Visagie vertrek hy vermoedelik uit die Kolonie in 1837 met die trek van Jacob de Klerk. Waarskynlik was hy die persoon vir wie die plaas Roodepoort, noord van die Vaalrivier geleèe aan die 'Kale Koppen' op 1 Sep 1847 aangeteken is.
Veldkornet onder Komdt-Generaal Pretorius: Toe kmdt-Genl. Andries Pretorius ongeveer Nov 1838 met 'n kommando teen Dingaan opgetrek het, het Jacob Philip, een van Paulus se kinders, hom vergesel.
Volgens Petra Mare het hy deelgeneem aan die slag van Bloedrivier op die ouderdom van 15.
Volgens SAG is sy eerste troue met Helena Johanna Strydom - nie Cornelia soos hier nie !!
Kyk vir deurmekaar data met naamgenoot seun van Gabriel Stephanus Mare!
Hy was lid van die Volksraad. Hulle het 'n huis in Strubenstraat, Pretoria gehad waar hulle tydens Volksraadsittings tuisgegaan het. In 1887 het hy afgetree en is met sy hele familie na Middelburg, waar die klimaat vir hom gesonder sou wees.
Sy beroep word op sy sterfkennis aangegee as "Rentenier".