Paulus Roald Maartens
Paulus was born on November 22nd, 1929. Paulus' father was
nn Maartens and his mother was
NN. He was an only child. He died due to MULTIPLE ORGAN FAILURE at the age of 68 on August 22nd, 1998 in
Bellville.. The funeral took place in
Welgemoed, Bellville. He was cremated.
General Notes
There was a Paulus Roald Maartens who graduated from Pretoria University as doctor in 1955.(S.A. MEDICAL JOURNAL 1 January 1955)
OBIT:
Roald Maartens
Elsa Wessels
KAAPSTAD. Plaaslike medici het die dood van dr. Roald Maartens (68), bekende chirurg en navorser, beskryf as 'n ``groot verlies vir die geneeskunde en spesifiek die navorsing waaraan hy sy lewe gewy het''.
Maartens is eergister ná 'n kort siekbed in sy huis in Welgemoed oorlede. Hy het vermoedelik weens longprobleme beswyk.
Hy het die afgelope 26 jaar in die Noordelike Stadsgebiede as chirurg gepraktiseer en was veral bekend vir sy veelsydigheid, deernis en omvattende navorsing oor die behandeling van hormoonwanbalanse en die rol wat dit in kanker speel.
Volgens sy vrou, Charlotte, was dit sy ideaal om borskanker in vroue te help voorkom.
``Sy jare lange navorsing oor hormoon- wanbalanse wat hy op nege hormone ge grond het, is die omvattendste ter wêreld. Ongelukkig was hy in baie opsigte sy tyd ver vooruit.
``Sy mediese navorsing is nooit plaaslik erken of in mediese joernale gepubliseer nie en sy destydse navorsing oor skeepswrakke is jare later eers erken. Miskien sal sy werk oor hormone ook later erken word.''
Maartens is in Bloemfontein gebore en het ná skool medisyne aan die Universiteit van Pretoria gestudeer.
As vlootdokter in Simonstad was hy destyds betrokke by die totstandkoming van die eerste duikskool. Hy het ook in die buiteland navorsing gedoen oor dekompressieprobleme in duikkamers.
Hy het aan die mediese skool van die Universiteit van Stellenbosch in chirurgie gespesialiseer en was die eerste spesialis in die land wat sy nagraadse graad cum laude verwerf het.
Sy navorsing oor skeepswrakke aan die kus het gelei tot die boek One thousand and one shipwrecks. In 1968 het hy die publikasie Yesterday's Cape Town today saamgestel waarin die eerste sandfort in Kaapstad die eerste keer uitgewys is.
Benewens sy vrou laat hy 'n suster, ses kinders en sewe kleinkinders agter.
Die begrafnis is Maandag om 11vm. uit die NG kerk Welgemoed.
Last known address DE MIST LAAN 6 WELGEMOED
-
Ancestor Pedigree Chart
-

- b.22 Nov 1929 d.22 Aug 1998 in Bellville.
