Aangeheg is inskrywings van die kinders van Jakobus Mathinus Martins en Willemiena DPJ vd Berg, my Oupa en Ouma, wat sy in hulle Bybel geskryf het nadat Ouma die Bybel van die destydse regering ontvang het (1910) toe sy in die konsentrasie kamp was. Omdat sy en Oupa op Panfontein, Heidelberg Transvaal gewoon het tydens die Anglo-Boere oorlog, vermoed ek sy was in die konsentrasie kamp naby Vereeniging. Volgens my Oom Fransie, my pa se jongste broer, van wie ek die Bybel ontvang, word die Bybel oorgegee na jongste kind wat afstam van haar en Oupa Koos se nasate. Omdat Oom Fransie se seun vroeg oorlede is en al sy kleinkinders dogters is het hy toe die Bybel aan my oorhandig wat ek toe aan my seun, Jakobus Marthinus Francois oorhandig het. Hy besit dus vandag die Bybel en wanneer sy seun, Alex nou 2 jaar oud, ouderdom bereik sal die Bybel aan hom oorhandig word.