Tanastraat 12A, Doorn, Welkom
Maretha Maartens is op 22 Junie 1945, ’n sneeudag in die Vrystaat, in Bloemfontein gebore. Volgens daardie jare se standaarde moes sy eintlik nie bly lewe het nie, want haar geboortegewig was maar in die omgewing van die outydse twee pond. Sy is in ’n skoendoos tussen watte aan die lewe gehou.
Die gesin het op Jacobsdal gebly totdat Maretha ses jaar oud was. Haar pa, Matthys Johannes Strydom, was ’n polisieman en haar ma, Jacoba Danilina (Kotie) (gebore Diederichs), ’n huisvrou. Hulle het na Petrusburg, ook in die Vrystaat, getrek, waar nog twee dogters, Adri en Ryna, gebore is.
Maretha vertel dat haar pa ’n “ongeletterde” was: ’n weeskind wat beeste in die berge van die Langkloof opgepas het. Maar terselfdertyd was hy ook briljant, met ’n soort musikaliteit wat hom, met standerd ses agter sy naam, in staat gestel het om die een musiekinstrument na die ander te bemeester, om verbande te lê en taal en poësie te waardeer. “Hy het my eerste tikmasjien, ’n draagbare Olivetti, vir my gekoop en aan my die opdrag gegee om myself ordentlik te leer tik. Dit het ek in my standerd ses-jaar gedoen.”
Sy onthou haar kinderjare as ’n rustige tyd op die Vrystaatse platteland met min aardse rykdom, maar tog ’n baie geborge lewe. Daar was ’n redelike ouderdomsverskil tussen Maretha en haar twee jonger susters, met die gevolg dat sy in ’n wêreld van haar eie
Na skool is Maretha na die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein waar sy haar inskryf vir ’n BA-graad met tale. Sy het byna elke taal wat aangebied is, in haar kursus ingesluit: Afrikaans, Engels, Nederlands, Duits, Frans, Suid-Sotho en Latyn, en het ook sielkunde geneem. Sy verwerf haar BA-graad cum laude in 1966.
In 1967 gaan verpleeg sy in die HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria en in 1969 in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein. Sy het op die diploma in verpleging besluit omdat sy nie geweet het watter rigting sy met haar graad wou inslaan nie.
In 1970 tree Maretha in die huwelik met Hennie Maartens, ’n skoolklasmaat, en in 1971 behaal sy haar BA Honneurs in Engels (cum laude), ook aan die UOVS. Hulle oudste dogter, Danila, word gedurende dié tyd gebore.
Aan die begin van 1973 verhuis die gesin na Stellenbosch, waar Hennie, ’n bietjie later as die meeste ander studente, met sy teologiese opleiding begin. Terwyl hy studeer, werk Maretha vir ’n jaar lank as prinsipale van die ACVV-versorgingsoord/kleuterskool te Stellenbosch en behaal ook haar Sekondêre Onderwysdiploma aan die Universiteit Stellenbosch. Sy ontvang die SAOU-medalje vir die beste onderwysstudent. Sy werk ook as aflosdosent in didaktiek in die Fakulteit Opvoedkunde. Hulle tweede dogter, Naomi, word op Stellenbosch gebore.
Ná Stellenbosch vertrek die Maartens-gesin na Oos-Londen, waar Hennie leraar was by die NG Gemeente Oos-Londen, vandaar na die NG Gemeente Welkom in die Vrystaat, en daarna na Bloemfontein, waar Hennie predikant was by die NG Gemeente Noordhoek. Hier het hulle gebly tot en met Hennie se aftrede. In 1992 het hulle vir hulle ’n huis buite die gemeente gebou waar sy en haar man ’n oopruim-studeerkamer kon deel: “’n regte werknes, die hart van die huis, met boekrakke vol boeke, ’n musieksentrum, ’n kaggel, ’n plek van rustigheid, al raas die tarentale en lawaai die hadidas buite”.
Maretha het vir tydskrifte soos Sarie, Huisgenoot, Rooi Rose, Fair Lady en soms ook Tydskrif vir Letterkunde verhale geskryf. Sy het nooit boek gehou van die aantal verhale wat in tydskrifte verskyn het nie, maar daar was talle kortverhale en ongeveer tien vervolgverhale wat later meestal in boekvorm uitgegee is, behalwe dié wat in Naweekpos verskyn het. Sy beskou hierdie verhale as die aanloop tot haar latere skryfwerk, en die persoon wat die meeste daarop aangedring dat sy móét skryf, is haar man Hennie.
Awards: Sanlam Prize for Youth Literature 1985, 1988 (silver medal), 1990 and 1992 (bronze medal)
Credo Award, Volkskas Prize for Youth Literature, Andrew Murray Award 1989
Inkvoël was choosen for the White Raven Collection and received the Award for children's books of the Catholic Church of Austria
ATKV Prize 1994 for Smaartie is skeel and 2000 (second prize) for Die nagkat
Wrote over 90 books