Alternative names from ID No. search.
have held the position of concert master or associate at the University of Pretoria Orchestra, the National Youth Orchetra, the (defunct) New Arts Philharmonic Orchestra and the Chamber Orchestra of South Africa.
D ie 33-jarige violis Suzanne Martens is pas as konsertmeester van die Kaapse Filharmonie aangestel.
``Ons is gelukkig om haar te hê,'' sê Louis Heyneman, Uitvoerende Hoof van die Kaapse Filharmonie. ``Sy is 'n besonder talentvolle musikant, en het be�ndruk van die dag toe sy 'n oudisie afgelê en as adjunk-konsertmeester aangestel is. Sy's 'n Suid-Afrikaner in murg en been, en dis goed om te weet sy bewys Suid-Afrikaanse musici is net so goed soos hul buitelandse kollegas.''
Heyneman sê Martens volg in die voetspore van voorste Suid-Afrikaanse violiste soos Denise Sutton, konsertmeester van NAPOP (New Arts Philharmonic Orchestra, Pretoria), asook Gerhard Korsten en Jürgen Schwietering, konsertmeesters van die oorspronklike Kaapstadse Simfonie-orkes, KRUIK-orkes en die Kaapse Filharmoniese Orkes. ``Terwyl sy vroeër vanjaar as konsertmeester ná die vertrek van Ludmila Ignatieva waargeneem het, het sy ons be�ndruk met die vernuf en selfvertroue waarmee sy die orkes in simfoniekonserte, asook met opera en ballet, gelei het.''
Martens het die posisie as konsertmeester vroeër vandeesmaand losgespeel in 'n oudisie beoordeel deur 'n paneel van die Kaap se voorste musici.
Sy het aan die Universiteit van Pretoria, sowel as in Nederland en Oostenryk, studeer, en het meesterklasse onder Dorothy DeLay, Herman Krebbers en Ida Haendel bygewoon. Die Kaapse Filharmonie pluk nou die vrugte van haar ervaring as orkesleier saam met die Nasionale Jeugorkes en die Universiteit van Pretoria se Simfonie-orkes. Sy het ook tydelik as adjunk-konsertmeester by NAPOP waargeneem.
Martens is eweneens 'n talentvolle kamermusikant. Sy was lid van die Allegri-trio, asook die Rosamunde-strykkwartet, een van Suid-Afrika se voorste ensembles wat vroeër vanjaar aan die Kaapstadse Konsertreeks deelgeneem het. Sy het 'n rits pryse agter haar naam, insluitend die ATKV Forté-kompetisie en die Universiteit van Natal se 75ste Gedenkprys. Sy het al tot die halfeindronde van Unisa se internasionale strykerskompetisie gevorder, en was lid van meer as een kamer-ensemble wat etlike toppryse in die Oude Meester-kamermusiekkompetisie verower het.
Martens het reeds as solis saam met verskeie Suid-Afrikaanse orkeste gespeel, waarvan die mees onlangse die uitvoering van Beethoven se Tripelkonsert saam met NAPOP.
Martens is die suster van een van Suid-Afrika se voorste tjelliste, Cobus Swanepoel, wat later vanjaar saam met die Kaapse Filharmonie optree. 'n Ander talentvolle broer is André, 'n violis wat saam met Cobus speel in die Deutsche Kammerakademie-orkes. Haar man, Peter Martens, is die Filharmonie se hooftjellis en is die seun van die fluitspeler Marianne Schwietering en die tjellis Eric Martens, asook die susterskind van die violis Jürgen Schwietering.