Hy het ses name gehad, maar het slegs die eerste drie gebruik en dit is ook so op sy ID aangedui. Die ander drie name was Abraham, Van Straaten, Van/Von Wagenaar
Veralaan 23, Bethal
Government Gazette No. 26280 - 30 Apr 2004
Section: Liquidation and Distribution Accounts in Deceased Estates Lying for Inspection
Record Type: Legal Records
They were in Windhoek from 1971 to 1982
Bekende skrywer en landbouman sterf
Voorgelê deur Anonymous op Do, 2003-01-23 02:00
EEN van die land se bekendste koerantmanne van die jare sewentig, Piet Maartens, is vroeër vandeesweek 'n paar dae ná sy sestigste verjaardag in Pretoria oorlede.
Peter Stephen Higgs Maartens, of Choppie, soos hy by familie en vriende bekend was, is op 9 Januarie 1943 in Prieska gebore en het in Hopetown in Noord-Kaapland groot geword.
Ná sy militêre diensplig waar hy homself as 'n offisier in die Burgermag bekwaam het, het hy 'n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal en later verder by UNISA gestudeer.
Intussen het hy 'n gevorderde diplomakursus in Joernalistiek verwerf en 'n diploma vir nagraadse studie vir voortgesette onderwys in Vertaalkunde aan die PU vir CHO in Potchefstroom.
Omdat hy as plaaskind in die Karoo groot geword het, het sy liefde altyd by die landbou gelê.
Benewens wye vertakkings op vele terreine van die joernalistiek, het hy baie nouer by die landbou betrokke geraak.
Met Brahmane het hy gou kennis gemaak. En toe hy en sy vrou Fouchini ('n nooi Fouché van Pretoria) in 1971 na die destydse Suidwes verhuis het, was dit nie lank nie of Maartens het elke geleentheid bygewoon om Brahmane te sien en dié ras beter te leer ken.
Maartens het tot 'n paar jaar gelede nog gereeld as vryskut-joernalis artikels en berigte aan Republikein gestuur en grootliks as gevolg daarvan het hy toe die gesogte prys van die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika ingepalm.
Maartens het met sy aankoms in Windhoek by Die Suidwester begin werk en sou by dié koerant tot nuusredakteur en motorredakteur bevorder word voordat hy en sy gesin in 1982 na Suid-Afrika teruggekeer het.
Tydens sy verblyf in Windhoek was hy bekend as 'n ywerige bevorderaar van duiwesport (resiesduiwe) en is hy verskeie kere bekroon vir sy prestasies met sy 'Vrek Vêr-stoetery.
In Windhoek het Piet 'n aktiewe lid van die Fast Draw-klub geword en was hy ook lid van die Landbouskrywersvereniging sowel as die Sportskrywersvereniging. In sy jonger dae was hy 'n ywerige rugbyspeler en atleet en tot met sy dood 'n groot sport-ondersteuner. Daarbenewens was hy een van die baanbrekers vir die tot standkoming van die Motorskrywersgilde.
Piet en Fouchini wat vir 39 jaar getroud was, het Windhoek in 1982 verlaat om hulle in Bethal in Mpumalanga te vestig waar hulle vyf jaar woonagtig was. In die tydperk het Piet as redakteur van die OTK se Otkaner-tydskrif gewerk en in sy vrye tyd uitsekend presteer met sy resiesduiwe. In 1997 het die gesin na Pretoria verhuis waar hy as bestuurder: publikasies vir NAMPO gewerk het. In 1998 het hy weens mediese redes uitgetree waarna hy hoofsaaklik vryskut-joernalistiek en fotografie beoefen het.
Hy laat sy vrou, 'n seun Anton en 'n dogter, Louise, agter. 'n Gedenkdiens word vandag (Donderdag) in Pretoria vir hom gehou.
"Bekende skrywer en landbouman sterf"

Last known address LAWSONLAAN 1280 WAVERLEY LYNN EAST