Lucas Meyer (enigste kind) gedoop Kaapstad 14-5-1684 (1) getroud 19-11-1713 met Agatha Blom, gedoop Kaapstad 20-11-1695 (2) dogter van stamvader Barend Pietersz Blom van Wegenan, Duitsland en Catharina de Beer (3) later burger te Wagenmakersvallei (Wellington).
Lucas is burger te Drakenstein (later Paarl) en boer op dievolgende plase:
"De Groene Valley agter de Parel" 25-1-1725 - 11-4-1737 "De Gonjemans Craal aan de Piekenierskloof" 8-5-1726 - 29-5-1729 " Over de Berg Rivier oude Comp: rivier aan de onderster Kuyl" vanaf 23-4-1716 "Plaas Lichtenburg - gelegen in die Tygerbergen aan de Mossebank rivier, groot in synen grond negen en vyftig morgen en twee honderd quadraat roeden (4) " vanaf 9-6-1717 - 9-11-1736
Die plaas Lichtenburg het later jare in besit gekom van die Uys-familie wat dit baie jare bewoon en bewerk het totdat 'n groot deel van die plaas in die jongste tyd (datum opgestel onbekend) deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë onteien is vir die bou van 'n spoorlyn. 'n Vervalle opstal bestaan nog.
"Groene Valley" en "gojemans Craal" aan die Piekenierskloof word aangegee as geleë in die distrik "Picquetberg" (5)
Lucas Meyer het in 1725 'n permit bekom om sy vee te laat wei agter die Paarl in die "Groene Valley" (6) maar word gewaarsku dat die permit ingetrek sal wordas hy te na aan die militêre pos "Groenkloof" (7) sou lê.
Dit wil dus voorkom of Lucas Meyer op sy vaste plaas Lichtenburg (nou in die Durbanville-omgewing) gewoon en as "landbouwer" geboer het en dat hy die permitstelsel gebruik het om omsy vee te laat wei in die omgewing Noord van Malmesbury en nader aan Piketberg.
Hul gesamentlike testament MOOC 7/6 en 7/14 is gedateer 19 Augustus en volgens 'n aantekening daarop is dit aan die weeskamer vertoon op 8-1-1741.
Met die dood van Lucas Meyer Hertrou sy weduwee op 63 jarige ouderdom met Hermanus Smuts (b.2) as sy derde vrou op ...1758 (8) en in 1764 neem sy die eed en word amptelik toegelaat om as vroedvrou (9) op te tree. Dit is opvallend hoeveel keer haar naam voorkom as doopgetuie in Drakenstein vir die Lombards, Bothas, Loodse, Erasmusse, ens. en juis die vanne wat later aanverwante families in Swellendam en Graaf-reinet sou word.
Lucas Meyer en Agatha Blom het 4 seuns en 5 dogters agtergalaat.
(1) Kaapstad Doopregister : Vol. G1 1/1 p.29
(2) Kaapstad Doopregister : Vol. G1 1/1 p.59
(3) De Villiers / Pama : p.64
(4) Meesterskantoor Kaapstad: Aan Lucas Meyer transport 1174 9-6-1717 Voorheen aan Glokelius transport T780 20-9-1709 aan raadslid H Boutman T1012 27-10-1714 daarna aan Casper Badenhorst T2345 9-11-1736
(5) Graham Botha : Place names in the Cape Province p.105
(6) Oude Schutteboeken : RLR 9 p.243 : 10-1-1731
(7) Graham Botha : Place names in the Cape Province p.243: "The name 'Groenkloof' , Malmesbury is mentioned as early as 1682 where the Company has established a military post in 1701 but abandoned it abou ninety years later".
(8) De Villiers / Pama : p.901
(9) Graham Botha : Cape Law Medcine & Place Names p.186