Van Letha; My ma se ouers was van der Westhuizens. Baie eng godsdienstige mense. My ma het die wonderlikste stories oor hulle vertel. Ingesluit dat Oupa vd Westhuizen gesê het dat sy dogter nooit-ooit met die goddelose Martense sal trou nie! Toe het Lettie en Koos Martens “elope”. Hulle was drie jaar getroud sonder dat oupa dit agter gekom het. Koos het elke aand met ‘n leer deur die venster na die boonste verdieping geklim om by sy vrou te slaap. 4.30vm Was hy op, en weg op sy perd. Die dag toe sy swanger is moes sy vir oupa sê! Toe forseer hy ‘n groot familie troue op hulle! Hulle was ontsettend gelukkig getroud. Koos Martens was baie suksesvolle boer en het ‘n wonderlike sin vir humor gehad. My ma het dit van hom geërf! Sy was 1 jr oud toe hy met die Spaanse griep sterf.