Andries Johannes Harm is gebore in 1871 en gedoop te Bethulie in dieselfde jaar. Hy dra die name van sy oupa De Kock aan moederskant. Hy is waarskynlik jonk oorlede na Mei 1872 toe sy jonger broer vernoem is na dié se pa, en voor April 1876 toe die naam weer gebruik is vir sy broer (g5).