ABW
Sarel neem deel aan die Anglo-Boere-Oorlog en handig sy wapens in in 1900. Hy word gevange geneem en in die kamp te Groenpunt aangehou. Vandaar word hy oorgeplaas na die Konsentrasiekamp te Springfontein. Daar sluit hy by Hannie en van hulle kinders aan. Twee van die kinders is in die konsentrasiekamp oorlede. Sarel boer op die plaas Kleinfontein ‘n entjie buite Bethulie. Die aanduidings
is dat hy ‘n groot rol vervul het in die Gereformeerde Kerk Bethulie.
Jeug
Sarel is in die Colesberg Distrik gebore op 26 April 1847 en in Colesberg gedoop. Die Wyk Middenveld waarin hy
gebore is, is noord van Colesberg en sluit tans dorpies soos Philipstown, Petrusville en Hopetown in en strek tot
naby De Aar. Hy woon saam met sy ouers in die Colesberg omgewing, te Broekpoort in die Bethulie Distrik en
moontlik ook in die Bloemfontein Distrik. Saam met sy ouers beleef hy die woelinge op staatkundige gebied
met die vestiging van die Vrystaat en op kerklike gebied met die stigting van die Gereformeerde Kerk in die
Vrystaat.
Sarel was 10 jaar oud toe sy ma oorlede is. ‘n Bietjie meer as 3 maande na sy ma se dood trou sy pa weer en
kom daar saam met sy stiefma sewe van haar kinders uit ‘n vorige huwelik in die gesin in.
Hannie is gebore in die Burgersdorp (Albert) Distrik op 17 Julie 1853. Sy het dieselfde name as twee van haar
tantes, Johanna Maria de Kock en Sophia Dorothea de Kock8
. Sy het haar kinderjare deurgebring in die
omgewing van Burgersdorp en later Fauresmith, waar haar ouers gewoon en geboer het.
Sarel trou op 25 November 1867 as jongman van 20jr. oud met Hannie , ‘n jongdogter van 14jr. Sarel was van
Broekpoort en ‘n veeboer. Hannie was afkomstig van Driefontein in die Distrik Bethulie. Sarel se oom, Ds. S. D.
Venter, neem die huweliksbevestiging waar.
Woonplekke
Sarel en Hannie het blykbaar vir die hele duur van hul getroude lewe in die Distrik Bethulie op Broekpoort en
later Kleinfontein gewoon. Hannie het steeds op Kleinfontein gebly na Sarel se dood.
Eiendom
Sarel se pa sny ‘n gedeelte van Broekpoort af en op 23.10.1880 verkoop sy pa die deel, genaamd Kleinfontein
No. 151, wat 802 morge groot is, aan Sarel vir £3009
. Soos bepaal deur die testament, is die plaas na Hannie se
dood verkoop per openbare veiling op 30 Maart 1927 aan Max Gustaf Grunow vir £3251.2.910
Kerk
Sarel se pa was een van die stigters van die Gereformeerde Kerk in die Vrystaat. Op 10 Maart 186611 word die
18-jarige Sarel belydende lidmaat van die GK Bethulie. Toe die Gereformeerde Kerk Bethulie in 1877 skeur,
word Sarel en sy gesin lidmate van die afgeskeide sogenaamde SD-Venterkerk12. Op 16 September 1889 sluit
hulle weer aan by die GK Bethulie, nadat die SD-Venterkerk ontbind13
.
In Sarel se doodsberig op 19 September 1922 in ‘n koerant en in ‘n in memoriamberig, deur Izaak Kruger van
Bloemfontein, wat in Die Kerkblad verskyn het, kom die volgende, onder andere, voor:
Doodsberig:
“... Sy kerk het hy gedien vanaf sy 18de jaar as voorsinger, en van sy 25ste jaar as ouderling en geruime tyd ook
as Skriba. ... So het hy sy kerk minstens 36 jaar gedien, ook as Katkisasiemeester. Van sy jeug af tot laaste
Januarie (1921) het hy nog kinders voorberei vir aanneme. Dit was vir hom ‘n lus en genot om sy God en sy
Gemeente te dien. Niks kon hom terughou van sy werk en plig.”
“By die geopende graf sal sy ernstige en belangstellende stem nie meer spreek nie, want as Koster kon hy so
met erns wys op die kortstondigheid van die lewe, en met ‘n medelydende hart kon hy die treurende troos
breng. Ja hy was ‘n voorbeeld nie alleen in sy gesin maar ook in die Kerk en omgewing het sy lig geskyn.” “Waar
sy woord van vermaning skerp was, was dit ook weer as balsem op die vermoeide siel. Hy was een van die
getroues. ....”
In memoriam-berig:
“... Dis vir my al, as ek my die verlede voor die gees roep, of ek hom sien rondwandel van sy huis af tuin toe met
sy kierie. Ook vir my was hy ‘n waardige oue vader. Ek het, kan ek sê, my eerste pakkende indrukke en
begrippe van Godsdiens te danke aan Oom Sarel: want ‘n stille maar tewens heilsame invloed het hy van hom
laat uitgaan.”
“’n Reus op Godsdienstige gebied! Hy was een van die tiepiese voorbeelde van ‘n regskape, Godsvrugtige
Afrikaner vir wie Gods Woord die maatstaf was waarmee hy alles gemeet het. .... Nougeset in lewenswandel en
Godsdienstige opvatting, was hy ‘n streng Kalvinistiese ou Kerkvader by uitnemendheid!”
“... Hy sal gemis word deur die omgewing van Kleinfontein op wie hy ‘n heilsame invloed as ouderling vir soveel
jare laat uitgaan het. Te vergeefs sal so menigeen van sy vele bekendes op Kleinfontein aangaan om by hom
troos te soek vir sy ‘beklemd gemoed’”.
Die Anglo-Boereoorlog
Sarel was ‘n burger van die Vrystaat en was op kommando in die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot Maart 1900.
Hy het te Bethulie sy wapens neergelê, maar meld dat hy nie die eed van neutraliteit afgelê nie. Hy is toe na sy
plaas waar hy vertoef het totdat hy op 8 Desember 1900 weggeneem is. Hy is eers na Bloemfontein gestuur en
toe na die kamp te Groenpunt. Hy verklaar dat hy daarvandaan terugkeer op 13 Julie 1901. Hy word eers na
Foto van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Bethulie c. 1894
Sarel Venter is regs voor14© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Sarel Jacob Venter
Tweede konsep
die konsentrasiekamp te Bethulie gestuur en toe na die kamp te Springfontein15. Volgens die register van
Springfontein Konsentrasiekamp is hy reeds daar opgeneem op 11 Julie 1901.
Hannie bly aan op die plaas toe Sarel weggeneem is. Op 17 Januarie 1901 word sy gevange geneem. Sy is op 23
Maart 1901 opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein. Waar sy intussen was is nie bekend nie. Saam
met Hannie was haar kinders Anna Catharina (21 jr), Johanna Maria (18 jr), Daniel Jacobus (16 jr), Frederik
Jacobus (13 jr), Maria Cornelia (10 jr), Jan Albert (8 jr) en Hester Hendrina (7 jr). In die kamp is Anna Catharina
op 10 Oktober 1901 en Jan Albert op 4 November 1901 oorlede.16 Daniel Jacobus het later ook geveg.
Die oorlewendes van die gesin word op 9 Julie 1902 oorgeplaas na die Konsentrasiekamp in Bethulie en vertrek
vandaar na die plaas op 24 Julie 1902.
Sarel dien ‘n eis om skadevergoeding tydens die oorlog in17. Die eis sluit, onder andere, skadevergoeding vir die
verlies van ‘n ossewa, ‘n viersitplek perdekar, 25 perde, 23 beeste, 324 skape en graan, skade aan meubels en
die skade aan ‘n kamer se dak as gevolg van ‘n brand, in.
Sarel en Hannie het 1418 kinders gehad. Die eerste kind is gebore toe Hannie 15 jaar en Sarel 21 jaar oud was en
die laaste kind toe hulle 41 en 47 jaar oud was, onderskeidelik. Toe die jongste kind gebore is, was die oudste
kind reeds 25 jaar oud.
Twee van die kinders is in die konsentrasiekamp oorlede, nl. Anna Catharina (20 jr) en Jan Albert (bykans 9 jr).
Hulle seun, Jan Adriaan is oorlede as krygsgevangene op pad na Indië. Die eerste Andries Johannes Harm en
Stephanus Petrus is moontlik vroeg oorlede. Nege van die kinders is getroud en het hul eie gesinne gehad.
Die Anglo-Boereoorlog het nie die gesin onaangeraak gelaat nie. Drie van Sarel en Annie se eie kinders is
oorlede en een skoondogter. Van die gesin self was Sarel, Annie en sewe kinders in die konsentrasiekamp. Een
van hulle kinders is krygsgevangene geneem en twee seuns en ’n skoonseun het geveg en die wapens neergelê.
Sewentien van hulle kleinkinders was in konsentrasiekampe en agt of nege is daar oorlede.
In 1918 het ‘n griepepidemie – die “Groot Griep” - deur die land getrek en baie mense is oorlede. In ‘n brief van
19 Oktober 1918, wat deur Sarel geskryf is, deel hy mee dat Hannie en hul seun Danie ook die griep (“de
influenza”) opgedoen het, maar dat dit beter gaan met hulle.
Sarel is op op 11 Augustus 1922 in Bethulie oorlede. Hannie
vertel oor sy sterfte in ‘n brief van 19 Augustus 1922 aan haar
dogter Annie daarvan:
Hannie skryf dat Sarel drie dae voor hy siek geword het, op
haar 69ste verjaardag (17 Julie 1922) met haar gepraat het. Hy
het gepraat oor hoe hulle geseënd was om so lank saam te
kan leef. Hy het ook daarna verwys dat hulle ‘n groot gesin het
en dat nie een van die kinders ‘n gebrek het nie: “... of blind is
of sonder Verstand ...” Hy was ook so dankbaar vir hoe sy hom
versorg. Toe sy sê dat sy te swak is om dit goed te doen het hy
gesê dat sy steeds sy koffie aandra “... met de ou beewende
hankies.”
Daar was drie dae voor sy dood aansienlike beterskap, maar sy
hart het ingegee. Hy het gesê dat hy wens om ontbonde te
wees en met Christus te wees. Tog kon hy hom nie van Annie
loskry nie. Die aand voor sy dood het hy en Annie saam ge-eet.
Hy het baie gepraat en wanneer Annie sê dat hy nie so baie
moet praat nie omdat dit sleg vir hom is “... seg hy moet want
die tong sal haas zwyg”. Annie en die drie seuns Jacobus, Sarel
jr. en Danie was teenwoordig toe hy sterf. Die predikant het
Sarel se hand vasgehou “... tot de asem uit was ...”.
Hulle het Sarel in die begraafplaas op die dorp begrawe “...
want daar word de grafte tog altyd in orde gehou ik het toe
ook voor my laans sy graf een gekoop ...”. Daar was 350 mense by die begrafnis. Psalms 145:6, 68:2 en 146:3 is
gesing.
Met die bereddering van Sarel se boedel is die grootte daarvan waardeer op £1718.6.6. In die boedel was
Kleinfontein en, onder andere, 66 skape, 40 bokke, 4 perde, 7 beeste, ‘n kapkar en ‘n bokkiekar19. Uit die
dokumente blyk dat Sarel ‘n eerste, tweede en derde verband op die plaas uitgeneem het wat £500 bedra het.
Kleinfontein het in Hannie se besit gebly volgens hulle testament. Sy het egter in September 1922 probleme
gehad om die boedelbelasting by te bring en het daaraan gedink om ‘n klein verband op die plaas te neem. Sy
het ook besluit om ‘n gedeelte van die plaas te verhuur vir inkomste. Dit het daardie tyd nie goed gegaan nie: “
... het gaat met de groot vee niet goed hier is al 6 beeste dood in die hings paart van u overleden Vader is ook
aan de zweer siekte dood ...”.20
In ‘n brief van 15 November 1922 vertel Hannie dat haar seun Danie nou by haar op Kleinfontein is en dat hulle
‘n kamer vir haar ingerig het waar sy naby hulle kan slaap. Haar kleinkind, Danie, slaap by haar in die kamer.
Uit die briewe van Hannie blyk dit dat sy sieklik was. Die laaste van die briewe wat behoue gebly het is gedateer
1 Februarie 1926. Daarin meld sy dat hulle die 24ste Januarie nagmaal gevier het en dat Ds. Yssel twee pragtige
preke gelewer het. Sy meld dat 52 kinders belydenis van geloof afgelê het. In die groep was Lettie van Jacobus
(g1) en Sarel van Danie (g8).
Hannie is op 5 Desember 1926 te Kleinfontein oorlede. Volgens die doodsberig sterf sy as gevolg van “...
buikwater ... na ‘n smartvolle lyding van vyf weke wat sy met geduld gedra het altyd gelowig, die oog gevestig
op die aflossing van Jesus, haar Verlosser ...” In die begrafnisbrief word gemeld: “Kort voor haar dood het sy
nog laat sing, en met gebroke stem mee gesing Psalm 118:9”. Alhoewel sy ‘n graf in die begraafplaas te
Bethulie gekoop het, is sy nie daar begrawe nie.