ABW POW Jan Adriaan het nie in die geslagsregisters voorgekom nie. Sy doop is egter aangeteken in die doopregister van die Gereformeerde Kerk, Bethulie. Daar is aangedui dat hy op Cyferfontein gebore is op 11 Maart 1879. Hy is gedoop op 6 April 1879 as die kind van S J Venter JJsn en J M S D de Cock AJH docht. Hy het dieselfde name as sy Oupagrootjie Venter. Volgens die eis om oorlogskadevergoeding van sy pa, was Jan Adriaan gedurende die Anglo-Boere-oorlog op Kommando67. Hy was nagenoeg 20 jaar oud toe die oorlog uitbreek. Hy sterf op pad na Indië. (Daar kon nie op die krygsgevangene databasis so iemand opgespoor word nie.)