ABW Johanna74 is gebore op 18 Januarie 1883 en gedoop in die Gereformeerde Kerk Bethulie. Sy is oorlede in in 1946 toe sy 62 jaar oud was. Toe sy byna 20 jaar oud is, trou sy met die 21-jarige Jan75 van der Walt wat toe ’n skrynwerker was. Hy is gebore in 1881 en oorlede in 1948 op 66-jarige ouderdom. Vir hulle is vier kinders aangeteken. Teen die einde van hul lewens was hulle woonagtig in Machadodorp en omgewing. Johanna is op 23 Maart 1901 saam met haar moeder opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein. Die oorlewendes van die gesin word op 9 Julie 1902 oorgeplaas na die Konsentrasiekamp in Bethulie en vertrek vandaar na die plaas op 24 Julie 1902.