ABW Anna Catharina is gebore in 1881 en is oorlede toe sy 20 jaar oud was in 1901 in die hospitaal van die Springfontein Konsentrasiekamp aan longontsteking. In daardie stadium het sy nog by haar ouers gewoon. Sy is op 23 Maart 1901 saam met haar ma opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein. Daar word in die stamregisters oor die Venters aangedui dat Anna Catharina getroud was met Johannes Jacobus van der Walt. Haar sterfkennisgewing dui aan dat sy nie getroud was nie en die Johannes Jacobus van der Walt kon nie tussen die Van der Walts in SAG 14 opgespoor word nie. Die huwelik word gevolglik nie hier aangedui nie.