ABW Andries is gebore in 1876 en in die ouderdom van 74 jaar oorlede in 1950. Hy was ‘n blykbaar ’n boer. Teen 1900 woon hulle op die plaas van Rondefontein van sy skoonouers naby Jagersfontein. Hy woon later in ’n spoorweghuis naby Jagersfontein. Teen sy afsterwe woon hy in Bloemfontein. Andries trou in 1879 met sy niggie Anna Maria van der Walt. Anna Maria is gebore in 1876 en sy is in 1919 oorlede in die ouderdom van 43 jaar. Hulle het vier of vyf kinders gehad. Andries trou daarna met Maria Elizabeth Venter. Sy is gebore in 1887. Hulle het twee kinders gehad. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was Andries op kommando. Hy het wapens neergelê en is op 13 Julie 1901 in die Konsentrasiekamp Norvalspont opgeneem 55. Anna Maria is in die Konsentrasiekamp opgeneem met drie kinders. Een of twee van die kinders is oorlede op 6 Augustus 190156. Hulle is blykbaar op 2 September 1902 vanaf die konsentrasiekamp terug plaas toe.