ABW Drikkie (Vadertjie) is gebore in 1888. Toe hy getroud is, was hy ’n polisieman. Hy woon op 13.1.1927 te Petrus Steyn .Toe hy 27 jaar oud was, trou hy te Bethulie met die 19-jarige Bettie Kruger. Bettie95 was van Broekpoort in die Bethulie Distrik. Sy is gebore in 1895 en sterf in jaar op ??-jarige ouderdom. Sy was ’n suster van Daniel (g9) se vrou Martie. Hulle het ?? kinders gehad. Drikkie is op 23 Maart 1901 opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein saam met sy moeder en van haar jonger kinders. Die oorlewendes van die gesin word op 9 Julie 1902 oorgeplaas na die Konsentrasiekamp in Bethulie en vertrek vandaar na die plaas op 24 Julie 1902.