ABW Jan Albert is gebore in 1892 en gedoop te Bethulie op 8 Januarie 1893. Hy is op 23 Maart 1901 opgeneem in die Konsentrasiekamp te Springfontein toe hy 8 jaar oud is, saam met sy moeder en van haar jonger kinders. Hy is in die kamp oorlede op 4 November 1901 toe hy bykans nege jaar oud was.