Tjaard Petrus van der Walt is gebore in 1838 in die Kaapkolonie en is oorlede in 1915 in die ouderdom van 77 jaar in die Vrystaat. Hy was ‘n veeboer en het agtereenvolgens geboer op plase in die Bethulie, Bloemfontein en Boshof Distrikte. Hy trou, toe hy amper 21 is, in 1858 met die sestienjarige Hester Lasya Johanna Susanna Coetzee. Sy is gebore in 1842 en oorlede in 1872 in die ouderdom van nagenoeg 30 jaar. Hulle het vier kinders gehad. ‘n Vier-en-dertigjarige Tjaard trou weer in 1873 met die sestienjarige Aletta Sophia (Lettie) Venter. Sy is gebore in 1857 en oorlede in 1914 in die ouderdom van 56 jaar. Hulle het agt kinders gehad. Tjaard het nie tydens die Anglo-Boere-Oorlog geveg nie omdat hy te oud was en het die eed van neutraliteit afgelê. Hy is egter gevange geneem en in ‘n krygsgevangenekamp in Bermuda aangehou. Lettie was in die Konsentrasiekamp te Bloemfontein.