Jacobus is gebore in 1844 en was 77 jaar oud toe hy in 1921 oorlede is. Hy is vernoem na sy pa en was ‘n boer. Die 19-jarige Jacobus trou in 1863 met die 21-jarige Judith Fourie. Sy is gebore in 1842 en is oorlede in 1888 toe sy 45 jaar oud was. Hulle het vyf kinders gehad, maar teen haar dood was hulle almal reeds lank oorlede238. Daarna trou Jacobus op met Anna Kotze. Sy is omstreeks 1866 gebore en word 82 jaar oud voordat sy oorlede is in 1948. Hulle het agt kinders gehad. Jacobus het dus in die twee huwelike 13 kinders gehad. Jacobus besit Lokshoek in die Bloemfontein distrik gedeeltelik vanaf 8 Mei 1871239. In 1901 was hulle van Misgundsfontein in die Distrik Winburg en in 1915 woon hulle steeds daar240. Met die dood van Jacobus besit hulle Gryskop in die Distrik Aliwal-Noord en woon hulle daar241 . Op 15 Desember 1860 is Jacobus lidmaat van die Gereformeerde Kerk Reddersburg, op 18 November 1865 is hy ‘n lidmaat van die GK Bethulie en in 1877 is hy ‘n lidmaat van die SD Venterkerk . Jacobus was nooit tydens die Anglo-Boere-oorlog op kommando nie. Hy lê die eed van neutraliteit af op 8 Mei 1900. Daarna keer hy met ‘n Britse pas en onder Britse beskerming terug na die plaas242. Hy en Anna is opgeneem in die Konsentrasiekamp te Brandfort op 11 Januarie 1901 en verlaat die kamp op 18 Julie 1902. Saam met hulle was vyf van hulle kinders en hulle oudste seun is daar oorlede aan longontsteking op 9-jarige ouderdom.